Knorhoek Wyne in Safari Outdoor

Ons hier by Knorhoek Wynplaas Stellenbosch is verskriklik trots op ons assosiasie en samewerking met Safari Outdoor as hulle voorkeur wyn handelsmerk. Daar is so baie ooreenkomste wat die twee handelsmerke deel en uitleef.


Knorhoek Wyne Safari Outdoor South Africa
 

Knorhoek is geleë in die prentjie-mooi Knorhoek vallei net buite Stellenbosch, met ’n roemryke geskiedenis wat so ver terug as 1694 strek. Dit was nog altyd deur die bedryf gesien as een van die “sweethearts” van die Suid-Afrikaanse wynbedryf – een wat verantwoordelik is vir topgehalte wyne wat plaaslik, asook internasionaal pryse verwerf het. Met die toetrede van die Gaiduk familie sedert 2017 is daar weer nuwe lewe in die ou Stellenbosch “first growth” geblaas en ons is verskriklik opgewonde om dit met die Safari Outdoor kliënte te kan deel.


Ons fokus bly op wyne van uitstaande gehalte en met die tipiese karakter van die Simonsberg terroir, ons huis. Daar word slegs ’n Chenin Blanc en ’n Cabernet Sauvignon geproduseer. Die Chenin Blanc wingerd, geplant in 1980 is ook onlangs erken as ’n Certified Old Vine Vineyard deur die bekende Old Vine Project. Dit is ’n effens gehoudte wyn wat gemaklik net so gedrink kan word of heerlik saam met kosse geniet kan word soos kerries, vis en hoender geregte.


Die Cabernet Sauvignon is gekies vanuit ons beste wingerde teen die hange van die Simonsberg. Na gisting is die wyn vir ’n verdere 20 maande verouder in 50% nuwe vate en 50% van ’n kombinasie van 2de en 3de vul Franse Eikehoutvate.


Daarna het dit ’n minimum van 2 jaar in die bottel geniet voor dit bekend gestel is. Die wyne is beskikbaar by die Safari Outdoor Deli’s teen kelderdeurpryse. Enige bestellings van ’n kis of meer, kan direk by die klient se deur afgelewer word binne 48 uur na betaling ontvang is*.


Ons hoop om julle raak te loop by een van die Safari Outdoor Deli’s of sommer hier by ons op Knorhoek in die mooi Stellenbosch-vallei.

*Aflewerings na groot sentras.

on 0