This image and description is for illustration purposes only and may not reflect the actual representation of the product. We do not guarantee the accuracy, completeness or suitability of this image or description for any particular purpose as this information may contain inaccuracies or errors. To the fullest extent permitted by law, we expressly exclude liability for any such inaccuracies or errors. See full T&C’s

BOOK DIE VELDWAGTER STAP SAAM

R 549.00
In stock
AVAILABLE IN SOBOK, SOPTA, SOCPT, SOKDP, SOJHB, SCNEL, SCBLOEM
SKU
321549

Die veldwagter stap saam is nie 'n tradisionele veldgids in die sin dat dit tot in die fynste besonderhede verduidelik hoe om 'n spesifieke plant of dier te identifiseer nie (alhoewel die teks tog nuttige wenke gee om uitkenning te vergemaklik). Die doel met hierdie boek is eerder om te dien as 'n persoonlike gids of 'veldwagter' tydens 'n besoek aan die Laeveld. Dit ontsluit op 'n toeganklike wyse 'n magdom verklarende inligting oor die mees algemene diere en plante van die Laeveld en doen so weg, met die nodigheid om 'n stapel verskillende veldgidse saam te karwei. Die Veldwagter stap saam is 'n beknopte gids propvol interessante inligting oor 'n verskeidenheid onderwerpe, met inbegrip van soogdiere, voels, reptiele en amfibiers, ongewerweldes, bome, grasse, veldblomme en spoorsny, toegelig met honderde kleurfoto's wat help met die verklaring van diergedrag en uitkenning van algemene spesies. Die veldwagter stap saam is die ideale handleiding vir amateurnatuurkundiges van alle ouderdomme, insluitend nuwe besoekers aan die bosveld, vakansiegangers en aspirant 'veldwagters'. Wanneer 'veldwagters' in die toerismebedryf hulle opleiding ontvang, is dit juis die inligting vervat in hierdie boek wat hulle eerste moet baasraak. Enige `veldwagter' wat sy sout werd is moet oor `n grondige kennis van die natuur beskik om kliente se vrae sinvol te kan beantwoord en die beginpunt is altyd om die mees algemene onderwerpe in elke studieveld onder die knie te kry. Mettertyd kan veldwagters hul basiese kennis van die algemene onderwerpe uitbrei deur al meer gespesialiseerde bronne te bestudeer. Hierdie benadering kan natuurlik gevolg word deur enigiemand wat sy of haar kennis van die bosveld wil verbreed - en Die Veldwagter Stap Saam beloof om dit `n genotvolle en deelnemende proses te maak!

More Information
Short Description

Write Your Own Review
You're reviewing:BOOK DIE VELDWAGTER STAP SAAM
Your Rating